Friday, December 31, 2010

superella.......ella buter....♡♡♡♡♡

toe ons in johannesburg gekuier het so 'n rukkie terug (gedurende die joburg food wine design fair), het ons 'n draai gemaak by een van my gunsteling suid-afrikaanse modeskepper gurus, 'n versamelaar van alles mal en wonderlik en baie mooi. . . . ellas superella buter.  ek moet se dit was een van my hoogtepunte van ons joburg kuiertjie. ella superella se mooiste winkel is net oorkant die pad van die bamboo senter in melville, gaan gooi gerus 'n draai.  ek en fanie was bevoorreg genoeg om te gaan kyk hoe lyk haar woonstel. vaderland......
dit was baie moeilik om nie al die mooie goeters te gaps nie!!!!
ek het fotos geneem, maar hier is nie genoeg plek vir al die cool snaps nie.
dit was moeilik om te kies makkers..... maar hier is 'n paar. 
dit gee mens 'n goeie idee van hoe fantasties ella is.

 cute ella in haar winkel.



 die fotos hier bo is geneem in ella se winkel en die fotos hier onder is geneem in haar flat.
soveel mooi goeters....







1 comment: